{"product_id":"9781432305918","title":"Die eerste Stadshaan","description":"\u003cp\u003eIn Die eerste Stadshaan word Kloupoot die hoenderhaan een nag wakker van die klank van motors wat toet. Hy is baie ontsteld toe hy ontdek dat die stad besig is vinnig uit te brei - tot teenaan die rustige plaas waar hy woon. \u003cbr\u003eHy besluit dat hy die plaas moet verlaat om een te soek wat rustiger is. Maar hy kan nie net alles so los en padgee nie. \u003cbr\u003eJaar na jaar het hy elke mens en dier op die plaas wakker gemaak en dit is sy plig om seker te maak iemand neem sy taak oor. Hy besluit om oudisies te hou om die geskikte voël te vind wat hom kan vervang. \u003cbr\u003eNa baie vermaaklike en frustrerende oudisies vind Kloupoot sy perfekte plaasvervanger.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e- 'n Genotvolle en interessante storie wat jong kinders sal boei\u003cbr\u003e- Pragtige uitdrukkingsvolle diere-illustrasies\u003cbr\u003e- 'n Humoristiese uitbeelding van verskillende voëlsoorte\u003cbr\u003e- Kinders word bekendgestel aan 'n paar interessante voëlroepe\u003cbr\u003e- Geskik om aan kinders voor te lees, maar ook vir selfl ees\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDIE SKRYWER\u003cbr\u003eClaudia Eicker-Harris is reeds vyftien jaar bekend op die terrein van korporatiewe geleenthede en teater en het ook artikels oor die lewe as 'n werkende ma geskryf. Claudia het onlangs begin kinderstories skryf, veral prenteboeke wat haar gunsteling is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDIE ILLUSTREERDER\u003cbr\u003eDie Argentynse grafiese ontwerper en illustreerder, Juan Carlos Federico, woon in Buenos Aires. Hy ontvang verskeie toekennings vir die ontwerp van korporatiewe beelde, asook\u003cbr\u003eredaksionele en plakkaat-ontwerp en verwerf die eerste prys vir die beeldontwerp van die Stad van Buenos Aires. Juan Carlos Frederico begin in 2007 voltyds illustreer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Claudia+Eicker-Harris\" class=\"contributor-link\"\u003eClaudia Eicker-Harris\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Juan+Carlos+Federico\" class=\"contributor-link\"\u003eJuan Carlos Federico\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Claudia Eicker-Harris","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375424716963,"sku":"9781432305918","price":90.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781432305918_a8cbe994-fd50-4eab-915f-f59318ea8886.jpg?v=1776538046","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781432305918","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}