{"product_id":"9781432311919","title":"Herman se tafel","description":"\u003cp\u003eVir hom begin alles met 'n besluit: Om mense te nooi vir ete. En dan kom die groot beplanning: die datum, die gaste, die tema en dekor en laaste - maar seker die belangrikste - die spyskaart.\u003cbr\u003eIn  Herman se tafel  bied Herman Lensing tien unieke spyskaarte, elkeen geskoei op 'n tema waarby al die gange - voorgereg, hoofgereg, nagereg en meer - pas. Die keurige geregte in hierdie boek is saamgestel met kundigheid en styl, maar is deurgaans gebruikersvriendelik en aanloklik. \u003cbr\u003eDaar is ou Suid-Afrikaanse bekendes, maar ook Italiaanse pastas en 'n Franse nagereg of twee; disse waarin vars kruie die kollig steel, kuierkos vir lank eet, afshow-geregte om jou gaste te beïndruk en ja, selfs happies vir honde. En dan wys hy jou ook hoe om jou tafel te dek: óf met uitspattighede, óf met dit wat jy reeds in jou huis het. Vir Herman is die etenstafel die kern van die huis en van saamwees - van bande versterk en van vriendskappe smee - en 'n simbool van alles wat mooi en goed is.\u003cbr\u003eMet hierdie boek nooi Herman jou uit om fees te vier, om moeite te doen, om die lewe te vier en om groot - dog moeiteloos - te kook.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Herman+Lensing\" class=\"contributor-link\"\u003eHerman Lensing\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Herman Lensing","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381743239331,"sku":"9781432311919","price":420.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781432311919_9bdcc2f7-ba13-478a-92e1-8ed863612c25.jpg?v=1776538973","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781432311919","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}