{"product_id":"9781485300090","title":"Atlas teen die vergeetrivier","description":"\u003cp\u003ePirow Bekker se poësie word gekenmerk deur die konkreetheid daarvan. Hy is 'n skerp waarnemer wat plante, voëls en diere in ons gewone, voorstedelike omgewings met treffende beelde opnuut onder die leser se aandag kan bring. Só skryf hy in 'Nasomer': \u003cbr\u003e\tVanmôre bereik 'n helder voël se skreeu\u003cbr\u003e\tdie eerste oggendys, wat breek\u003cbr\u003e\ten in 'n glibberige borrel\u003cbr\u003e\tdié roep gevange hou.  \u003cbr\u003eDit is hierdie soort ervarings wat die digter wil gebruik om 'n brug te bou oor hierdie aarde met sy skoonheid én kwellings en die vergetelheid. Hy wil met sy gedigte iets tot stand bring wat 'dié ou reisiger' (die digter self) die krag sal gee om soos Atlas die aarde op sy skouer te lig en oor die 'vergeetrivier', die einde van die bekende lewe, te dra. \u003cbr\u003e\tBenewens die satiriese gedigte oor die aktuele werklikheid waarvoor Bekker ook bekend geword het, bevat die ses afdelings van die bundel ook mooi liefdesverse, gedigte oor die ouderdom en gedigte oor die verlange van ouers na hul kinders in die vreemde.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eDr. Pirow Bekker was joernalis, navorser en dosent. Hy het, naas gedigte, ook jeugromans en kortverhale geskryf waarvan sommiges gereeld voorgeskryf word. Ná sy aftrede woon hy en sy vrou op Boggomsbaai in die Suid-Kaap, maar het onlangs weer na Pretoria teruggekeer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Pirow+Bekker\" class=\"contributor-link\"\u003ePirow Bekker\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Pirow Bekker","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375732179107,"sku":"9781485300090","price":60.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485300090_9be24b45-ba0e-4a4e-b01e-9bc7d20c2da2.jpg?v=1776549067","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485300090","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}