{"product_id":"9781485300380","title":"Die storie van Afrikaans: uit Europa en van Afrika - Die biografie van 'n taal (Deel 1)","description":"\u003cp\u003eIn hierdie boek- wat in twee dele gepubliseer word en gedeeltelik gebaseer is op E.H. Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede - word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) én veral Afrikaans se Afrikaherkoms - oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaard gaan, Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ŉ gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en in Asië (waar die impak van die taal van die slawe die wordende Afrikaans beïnvloed het tot die vorm wat dit wel geword het). Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies 'n nuwe, meer volledige en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Deel 1 word die Europese verlede van Afrikaans weergegee. In Deel 2 kom die Afrikaverlede van Afrikaans aan bod. Die boek verken paaie wat nog nie voorheen ontgin is nie, en dit sal ŉ besliste bydrae tot die debat oor Afrikaans se verlede wees.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+W.A.M.+Carstens\" class=\"contributor-link\"\u003eW.A.M. Carstens\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+E.H+Raidt\" class=\"contributor-link\"\u003eE.H Raidt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"W.A.M. Carstens,E.H Raidt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376505929891,"sku":"9781485300380","price":460.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485300380_850c3bfc-7f0e-4a92-88d8-fa86f3a82539.jpg?v=1776549156","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485300380","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}