{"product_id":"9781485300465","title":"Bloujaar","description":"\u003cp\u003eOm grappies daaroor te maak dat sy eintlik 'n 'girly ma' is wat hou van coffee shops en naels verf en in die winkels rondhang saam met sy sussies is een ding. Maar dat sy ma blatant vir hom sal lieg oor wat met sy pa aan die gang is en dan boonop maak dat hy in graad 7 - graad 7! - na 'n nuwe skool toe moet gaan: daarvoor gaan Rampie Malherbe haar nie gou vergewe nie.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eWant sommer net so, onaangekondig, verander Rampie se hele lewe. Die een oomblik is hy en sy pa nog op die gholfbaan - en die volgende bly daar 'n Groot Skrik in Rampie se maag en word sy Dêrra 'n maer vreemdeling met bok-oë en hangskouers. En as alles by die huis goorder voel as 'n Wiskundetoets op 'n Vrydagoggend ... hoe hanteer 'n mens  vreemde vriende, simpel sussies en 'n SW-juffrou wat praat soos Jan van Riebeeck sonder om so bietjie die pad byster te raak?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Keina+Swart\" class=\"contributor-link\"\u003eKeina Swart\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Keina Swart","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375422390435,"sku":"9781485300465","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485300465_f7075ce3-7ba7-4468-b879-6773352bcdec.jpg?v=1776549199","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485300465","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}