{"product_id":"9781485300939","title":"Die hormoonfabriek","description":"\u003cp\u003eLiefde en venyn tussen broers, botsende belange tussen handel en wetenskap, fabrieksmeisies wat met sekshormone volgestop word en testosteroongedrewe base - Die hormoonfabriek is 'n bloedstollende verhaal, geïnspireer deur historiese feite, waarin die onderskeid tussen goed en kwaad soms vertroebel raak deur die opwinding van wetenskaplike ontdekkings.\u003cbr\u003eDie suksesvolle besigheidsman Mordechai de Paauw, Motke vir sy vriende, besef op sy oudag dat hy nie daarin kon slaag om fatsoenlik te lewe nie.\u003cbr\u003eIn die twintigerjare van die vorige eeu het hy en sy tweelingbroer Aron 'n asemrowende projek aangepak. Saam met die beroemde farmakoloog Rafaël Levine het hulle 'n bedryf begin waarin die afvalvleis van Motke se vleisfabriek gebruik is vir die ontwikkeling van hormoonpreparate.\u003cbr\u003eDie omstandighede aan die begin van die onderneming is nie gunstig nie. Ernstige armoede, misdadigheid en opkomende antisemitisme vorm 'n giftige mengsel in die Katolieke plattelandse dorpie waar die twee broers woon en werk. Maar Motke de Paauw druk deur; geen prys is vir hom te hoog nie. As ten slotte ná die Tweede Wêreldoorlog bestek opgeneem word, blyk dit dat niemand ongeskonde uit die stryd gekom het nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Saskia+Goldschmidt\" class=\"contributor-link\"\u003eSaskia Goldschmidt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Saskia Goldschmidt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523846783139,"sku":"9781485300939","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485300939_3239859e-445b-45ce-b835-8985155a4f20.jpg?v=1776549392","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485300939","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}