{"product_id":"9781485300984","title":"Swanesang: die einde van die Kompanjies tyd aan die Kaap, 1771??¡§1795","description":"\u003cp\u003eDie agtste en laaste deel van die reeks Kolonie aan die Kaap beskryf die agteruitgang en verval van die VOC en die gevolge wat dit vir Kaap gehad het gedurende die laaste kwarteeu van die VOC-bewind.\u003cbr\u003eSwanesang dek die tydperk vanaf die dood van goewerneur Rijk Tulbagh tot en met die eerste Britse besetting van die Kaap in 1795. Sy opvolgers, J.A van Pletterberg,  J.C. de Graaff, die waarnemende goewerneur Rhenius en die laaste goewerneur, J.A. Sluysken, en die onsekerheid wat die laaste deel van die VOC-tydperk gekenmerk het, word belig. Afgesien van die amptelike rolle wat verskeie VOC-amptenare gespeel het, word ook aandag aan hulle karaktereienskappe en persoonlike lewens gegee om sodoende lewe aan die geskiedkundige figure te gee.\u003cbr\u003eSchoeman slaag egter veral daarin om naas die amptenary ook 'n beeld te gee van die lewe van gewone mense in die breër Kaapse samelewing.\u003cbr\u003eBesonder boeiend is die bespreking van die reise van verskeie natuurkundiges, soos die Swede Thunberg en Sparrman, die Skotte Masson en Paterson, die Nederlander Robert Jacob Gordon en die Franse Sonnerat en Le Vaillant. Veral die flambojante Le Vaillant se boeke was baie populêr en het bygedra om die Kaap en sy interessante fauna en flora wyd bekend te maak.\u003cbr\u003eIn die laaste hoofstukke word aandag gegee aan die Franse Rewolusie en ander politieke veranderinge in Europa wat Nederland verswak en tot die Britse oorname van die Kaap gelei het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Karel+Schoeman\" class=\"contributor-link\"\u003eKarel Schoeman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Karel Schoeman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375768912035,"sku":"9781485300984","price":380.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485300984_1b95b66f-d74f-4db2-bf37-63728e12fefc.jpg?v=1776549412","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485300984","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}