{"product_id":"9781485301011","title":"Gordel","description":"\u003cp\u003eHierdie debuutbundel is sterk geanker in die wêreld van die Wes-Rand en die Magaliesberg waar die digter grootgeword het. Hy skryf met deernis oor mense wat hy in sy kindertyd geken het, familielede, gesinslede en die mense van die buurt, 'n vergange werklikheid waarvan hy in die reeks 'Moenie jou verlede Google Earth nie' sê:\u003cbr\u003eDaar is geen wreder klank \u003cbr\u003eas voetstappe van lewens wat wegdraai \u003cbr\u003euit leë huise nie. \u003cbr\u003eIn ander gedigte word die saambestaan van verskillende lewensvorme - bome, grassoorte, voëls en klein diertjies - geteken. Dit is egter geen idilliese landelike wêreld nie, veel eerder 'n wêreld wat sowel bedreig as bedreig word deur verwaarlosing, veranderinge in die samelewing en aankruipende verstedeliking. Reeds in die openingsgedig, 'Stapgids tot Blougat', word wrang gewaarsku dat selfs in 'n natuurreservaat die stapper nie aan die werklikhede van die groter samelewing kan ontkom nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Adriaan+Coetzee\" class=\"contributor-link\"\u003eAdriaan Coetzee\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Adriaan Coetzee","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375616311459,"sku":"9781485301011","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485301011_03f0475c-0cb6-4315-9b28-69fc1b938b8b.jpg?v=1776549421","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485301011","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}