{"product_id":"9781485301301","title":"Die stilte opgeskort","description":"\u003cp\u003eIn Heilna du Plooy se derde digbundel besin sy veral oor verskillende soorte verhoudings: die verhouding met Suid-Afrika en die stamlande van Afrikaanssprekendes, verhoudings met familie en geliefde vriende, die verhouding met die persoonlike en kollektiewe verlede en verskillende vorms van magsverhoudings. 'n Besonder treffende reeks in die bundel handel dan ook oor die verhouding tussen jagter en prooi, die skuld van die maghebber en die offerande van die ondergeskikte, wat in die vorm van 'n gesprek met 'n reeks beeldhouwerke van Maureen Quin gegiet word. By hierdie reeks sluit verdere gedigte oor die skepping van kuns aan, wat teenoor 'n reeks oor 'n oppervlakkige verbruikerskultuur gelees kan word. Die bundel word afgesluit met 'n aantal elegiese verse en twee verse oor die eenvoudige waardigheid van sorg en mededeelsaamheid.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Heilna+du+Plooy\" class=\"contributor-link\"\u003eHeilna du Plooy\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Heilna du Plooy","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375556313251,"sku":"9781485301301","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485301301_09da1c65-faf2-42be-a53d-3d809cc31195.jpg?v=1776549528","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485301301","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}