{"product_id":"9781485301769","title":"`n Digter in Antwerpen","description":"\u003cp\u003eSedert sy debuut in 1969 met die bundel  Orpheushanden het Leonard Nolens hom gevestig as een van die beduidendste Vlaamse digters van ons tyd. Drie versamelbundels het reeds van sy omvangryke oeuvre verskyn en sy poësie het talle Vlaamse en Nederlandse pryse ontvang, onder meer die Jan Campert- en Constantijn Huygens-pryse, die VSB-prys en die Prijs der Nederlandse letteren. \u003cbr\u003eVir hierdie versameling Afrikaanse vertalings het Daniel Hugo veral gekies uit gedigte oor Antwerpen, die stad waar Nolens woon en werk; die agtergrond van talle gedigte wat soms ook as stilswyende gespreksgenoot vir die digter optree. Die ander durende gespreksgenoot is sy geliefde. Leonard Nolens is 'n liefdesdigter sonder gelyke in die moderne Nederlandse letterkunde. Nolens skryf ook oor onderwerpe soos musiek, ander Europese lande en oor die mens se stryd om met homself tot 'n vergelyk te kom. \u003cbr\u003eLeonard Nolens is in 1947 in Bree, België gebore. Hy woon in Antwerpen. Hy skryf voltyds en benewens dagboeke en enkele romans het daar reeds 23 digbundels uit sy pen verskyn. \u003cbr\u003eDaniel Hugo is 'n gerekende digter, letterkundige en vertaler. In 2014 ontvang hy die Akademieprys vir Vertaalde werk vir sy vertaling van Tom Lanoye se roman Sprakeloos is. Hy is ook 'n bekende aanbieder van poësieprogramme oor die radio.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Leonard+Nolens\" class=\"contributor-link\"\u003eLeonard Nolens\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Leonard Nolens","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375793324195,"sku":"9781485301769","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485301769_8d435263-f629-4df7-8bcf-36eeb4bdd3fe.jpg?v=1776549559","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485301769","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}