{"product_id":"9781485301813","title":"Fragmente uit die Ilias","description":"\u003cp\u003eDie sentrale gegewe in die Ilias, die lang verhalende gedig van Homeros, is wyd bekend: Die Griekse koning Agamemnon sweer wraak wanneer sy vrou, die skone Helena, deur Paris, 'n prins van Troje, ontvoer word. Dit ontketen die tien jaar lange Trojaanse oorlog, 'n bloedige stryd met talle menslike helde soos Hektor, Achilles, Aias en Odusseus; waarin die gode ook telkens ingemeng het. \u003cbr\u003eSaam met die Odusseia, Homeros se ander groot epos, word die Ilias as tydloos beskou, 'n teks wat vandag nog deur 'almal' gelees behoort te word. Die twee verhalende gedigte word dikwels beskryf as die beginpunt van die Westerse letterkunde - selfs as die beginpunt van die wêreldletterkunde, omdat dit so 'n enorme invloed op die poësie en verhaalkuns uitgeoefen het nádat dit iewers in die agste of sewende eeu v.C. ontstaan het.\u003cbr\u003eDie romantiese reis van Odusseus in die Odusseia het meer aandag in die Afrikaanse letterkunde getrek as die geweld en lewensverlies van die Ilias, maar in 2014, die jaar waarin die honderdjarige herdenking van die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog plaasvind, is Cas Vos se vertaling van fragmente uit die Ilias 'n tydige herinnering aan die heroïese én gewelddadige kant van oorlog. \u003cbr\u003eDie vertalings van fragmente van Homeros se epiese gedig word voorafgegaan deur 'n oorsig van die invloed van die Ilias op die wêreldletterkunde, 'n kort bespreking van die uitdaging van poësievertaling en 'n beskrywing van die konteks van die vertaalde fragmente uit die verskillende 'boeke' waaruit die Ilias opgebou is.  \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Cas+Vos\" class=\"contributor-link\"\u003eCas Vos\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Cas Vos","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375549792419,"sku":"9781485301813","price":190.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485301813_af676e8f-3a5f-421d-a8ae-259671abbe12.jpg?v=1776549614","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485301813","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}