{"product_id":"9781485302001","title":"Lillie die heksie en die bangbroek Wiking","description":"\u003cp\u003eLillie neem die heksesprong na die heldhaftige Wikings. Daar gekom, besef sy egter dat nie alle Wikings sterk en dapper is nie ... Sy ontmoet Helgar die Bangbroek! Helgar se pa, die gewese stamhoof, het tydens 'n vorige ekspedisie weggeraak en die Wikings het aanvaar dat hy dood is. Lillie ontdek egter iets wat haar daarvan oortuig dat hy nog lewe. Sy bied aan om na hom te gaan soek en vertrek saam met 'n hele klomp Wikings op 'n skip. Maar nie almal is ewe entoesiasties om die ou hoofman te vind nie, en die soektog raak lewensgevaarlik ...\u003cbr\u003eVir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Dié selfleesboekies is gemik om agtjariges en ouer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Knister\" class=\"contributor-link\"\u003eKnister\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Knister","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375790997667,"sku":"9781485302001","price":185.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485302001_157f3209-26e7-4207-9193-f26bb22f050a.jpg?v=1776549659","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485302001","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}