{"product_id":"9781485302247","title":"Robbie Ramkat: Katskenades onder die volmaan!","description":"\u003cp\u003eRobbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie Ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf hierdie eerste boek 'n groot sukses in Nederland en Vlaandere. Met die vertaling in Afrikaans gaan die effens vet maar dapper kat - op sy dag die 'Kampioenkat van die Jaar' - nou ook die harte van jong Suid-Afrikaanse lesers verower.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn die eerste boek in die reeks - Katskenades onder die volmaan! - ontmoet die jong leser die lekkerbek Robbie Ramkat, sy mooi vriendinnetjie Kieta, die gevaarlike labrador Bamboes en die brandmaer rot, Vaalwillem.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTen spyte van die ekstra gewig wat hierdie eks-kampioenkat opgetel het, wink avontuur nog steeds om elke draai. Kort voor lank is hy weer kaatjie van die baan. Veral as sy vriendinnetjie Kieta op die toneel verskyn! Dan is geen muur te hoog, geen spruit te breed, geen see te diep, geen plek te ver, geen rondloperhond te groot, geen braaiwors te warm nie...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMarc de Bel was jarelank 'n onderwyser wat aan sy leerders fantasievolle verhale vertel het wat hy ook dikwels self illustreer het. Sy eerste boek Het ei van oom Trotter is bekroon met die Kinder- en Jeugdjury voor het Boek in Vlaandere. In 'n kort tyd word hy een van die mees populêre skrywers in Vlaandere. Marc de Bel is besonder lief vir kinders en kies in sy boeke graag die kant van die kinders en hulle kreatiewe moontlikhede, talente en fantasie. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eFrieda Van Raevels gradueer met 'n meestersgraad in Animasie van RITS in Brussel, België. Sy werk as 'n vryskut illustreerder wat fokus op kinderboeke met diere as hoofkarakters.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marc+de+Bel\" class=\"contributor-link\"\u003eMarc de Bel\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Frieda+Van+Raevels\" class=\"contributor-link\"\u003eFrieda Van Raevels\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marc de Bel","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523836133539,"sku":"9781485302247","price":70.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485302247_683e55db-751c-447e-83e7-39bd656cf975.jpg?v=1776549702","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485302247","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}