{"product_id":"9781485302346","title":"Oorlogswinter","description":"\u003cp\u003eDit is die yskoue winter van 1944\/1945. Die Tweede Wêreldoorlog woed nog en Nederland ly onder die Duitse besetting. Die 15-jarige Michiel kan nie wag tot hy oud genoeg is om aan die ondergrondse versetsbeweging deel te neem nie. Wanneer Dirk, hulle bure se seun, hom vra om 'n brief af te lewer voel hy dat hy uiteindelik ernstig opgeneem word. Maar Dirk word gearresteer en die persoon aan wie hy die brief moet besorg, word deur die Duitsers doodgeskiet. Gaan Michiel die brief oopmaak en die verantwoordelikheid van die opdrag daarin aanvaar?    \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eJan Terlouw (1931-) het in 1970 gedebuteer as jeugboekskrywer. Hy was die leier van D66, 'n liberale linksgesinde party in Nederland. Hy het 'n opwindende en lewendige skryfstyl en, gekoppel aan sy sosiale bewustheid, skep hy magiese werke wat aansien en gewildheid geniet. Hy is reeds twee maal met De Gouden Griffel-prys bekroon. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE VERTALER\u003cbr\u003eDaniel Hugo was 'n spesialisomroeper by Radiosondergrense en verantwoordelik vir die literêre program 'Leeskring'. Hy is 'n gerekende digter met 14 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jan+Terlouw\" class=\"contributor-link\"\u003eJan Terlouw\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jan Terlouw","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375611166883,"sku":"9781485302346","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485302346_ae94b984-70dc-481f-a0c7-a21ad76b3393.jpg?v=1776549747","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485302346","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}