{"product_id":"9781485302537","title":"Land van skedels","description":"\u003cp\u003eDie drama fokus op die ervaring van vroue in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog en het verskeie toekennings ontvang, onder andere die Fiësta vir teaterontwerp en beste nuwe Afrikaanse produksie.\u003cbr\u003eTeatergenie, noem resensente haar. Dramaturg, vervaardiger, aktrise. Sy het Afrikaanse teater in die holte van haar hand, die 'ongelooflik talentvolle' Nicola Hanekom. - Hanlie Retief\u003cbr\u003eNicola Hanekom vang die gehoor se aandag van die begin en weier om dit te verloor. Sy hou die verskillende storielyne mooi bymekaar totdat dit saam opeindig. Nicola oortuig jou terwyl sy jou skok. Jy is spraakloos as jy uitstap. Geskok, maar ook hulpeloos. Die toneelstuk is 'n meesterstuk met Nicola die bes moontlike skilder. - James de Villiers\u003cbr\u003eNicola het haar Diploma in Drama aan die Universiteit Kaapstad ontvang en beskou haarself meer as 'n aktrise as 'n skrywer. Hoogtepunte in haar loopbaan is haar vertolking van Ingrid Jonker in 'Altyd Jonker' en haar vertolking van Beatrice in die film ' Faan se Trein'.  Op die kassie was Nicola al te sien in baie reekse. Sy wen 'n Fleur du Cap- toekenning en 'n Standard Bank Golden Ovation toekenning vir haar spel in haar eenvrouvertoning 'Hol'.  Vir haar trilogie van plekspesifieke teater (' Betésda', 'Lot' en 'Babbel') ontvang sy altesaam elf Kanna-toekennings en vier Fiësta-toekennings. Sy het reeds ook twee ATKV- Woordveertjies ontvang vir Beste Dramateks vir 'Babbel' en 'Trippie'. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nicola+Hanekom\" class=\"contributor-link\"\u003eNicola Hanekom\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nicola Hanekom","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375827173539,"sku":"9781485302537","price":60.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485302537_51bc1b47-57ae-41d8-989f-5b864c57e77d.jpg?v=1776549785","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485302537","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}