{"product_id":"9781485302568","title":"Samsa-masjien","description":"\u003cp\u003eSamsa-masjien tree in gesprek met Franz Kafka se 'Die Verwandlung' Dit vertel die storie van die insekwording van Gregor Samsa sr. Gregor, in sy sewentigs, is 'n afgetrede biologie-onderwyser, skoolhoof en was ook klavierstemmer in sy jongdae. Hy ly aan dementia en as gevolg daarvan bly hy en Josephine by hul dogter, Grete en haar man Tjaart, in hul luukse, moderne huis in 'n woonbuurt soos Sandton.\u003cbr\u003eSoos die Gregor van die Kafka-verhaal, ondervind Gregor 'n stelselmatige insekwording, wat deur die sielkundiges, psigiaters en dokters toegeskryf word aan die ouditiewe en taktiele hallusinasies van dementia-lyers. Gregor sien oral insekte, voel hulle loop op hom en voel homself uiteindelik 'n insek word. Stelselmatig beweeg die ouerpaar uit die huis uit na die kelder waar hulle 'n geraasmasjien (soos dié van die Futuriste) begin bou uit skroot en rommel.\u003cbr\u003eKlank en musiek is sentraal tot die stuk. Dit dien as deurlopende metafoor en is daarom as 'n CD ingesluit in die publikasie. Die komponis Pierre-Henri Wicomb was verantwoordelik vir die klankbaan. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Willem+Anker\" class=\"contributor-link\"\u003eWillem Anker\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Willem Anker","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375434285219,"sku":"9781485302568","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485302568_9f184e72-b72f-4916-8c50-9f1790991645.jpg?v=1776549790","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485302568","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}