{"product_id":"9781485302650","title":"In die laksman se skoot","description":"\u003cp\u003eDit is 1987 en die 19-jarige Leon Labuschagne is 'n tronkbewaarder by Pretoria Sentraal Gevangenis en werk bedags as laksman. Hy word in hegtenis geneem vir die moord op sewe lede van die Diepsloot-karatespan na 'n voorval van padwoede. Hierdie moorde vind plaas op die laaste dag van 'n uitmergelende paar dae waarin hy 32 mans gehang het, 21 in die voorafgaande 72 uur.  \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie verantwoordelikheid val op sy 'hotshot' prokureur, Johann Weber SC, om met 'n verdediging vorendag te kom wat sy kliënt van die galg sal red - hierdie keer as 'n gevangene wat teregstaan op moord. Hy stel ondersoek in na die 32 mans wat gehang is (werklike gevalle in die SA regsgeskiedenis). En dis hierdie SA geskiedenis wat Chris Marnewick in sy boek inwerk. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWeber is 'n driftige teenstander van die doodstraf, en kom algaande agter onder watter traumatiese omstandighede die jong Leon elke dag gewerk het in Pretoria se berugte tronk: hy het oor die jare vriende geword met die gevangenes terwyl hy uiteindelik ook deel moes wees van hulle teregstelling. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSoos die hofverrigtinge vorder, bied dit aan Johann die kans om die hele stelsel van halsmoorde onder verhoor te neem. Hy vra die vraag: Hoe kan iemand 'n dubbele rol van vriend en laksman speel, as 't ware die herder en ook die wagter wees? \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie boek bring die doodstraf op 'n pynlike wyse voor die hof. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eChris Marnewick het as senior advokaat afgetree en bly nou in Nieu-Seeland. Shepherds \u0026amp; Butchers was sy eerste roman en hy het op die kortlys verskyn van die M-Net Litêrere toekennings en die Sunday Times-toekennings en het die K Sello Duiker-prys gewen. Hy is ook die skrywer van The soldier who said No (2010), A Sailor's Honour (2011) en die roman Clarence van Buuren: Knew the Words, but not the Music (2012) wat deur Protea Boekhuis gepubliseer is met die Afrikaanse vertaling daarvan Clarence van Buuren: Die man agter die donkerbril wat 'n jaar later verskyn.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chris+Marnewick\" class=\"contributor-link\"\u003eChris Marnewick\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chris Marnewick","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375687155875,"sku":"9781485302650","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485302650_c2fc026a-ed85-4c89-9b36-1d6cef43adac.jpg?v=1776549802","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485302650","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}