{"product_id":"9781485302834","title":"Elke mossie wat val","description":"\u003cp\u003eDiamantsmokkelary, liefde en moord vorm die hoofbestanddele van hierdie spannende verhaal. \u003cbr\u003eSannie se liefdesverhouding met dokter Frans Weber kom tot 'n skielike einde wanneer dominee Johan de Villiers hom op Doringkraal kom vestig. Maar dan verskyn Joop de Lange en sy halfsuster, Lisinda, op die toneel. Lisinda - wêreldwys, dinamies en beeldskoon - se teenwoordigheid in die klein dorpie veroorsaak baie gou die mees verreikende liefdesintriges wat, gepaard met die moord op Joop, dreig om die lewe van verskeie mense op onheilspellende wyse in die war te stuur. Bewus van die bergplek van die diamante en die identiteit van die moordenaar, word dokter Frans die spil van 'n tragiese noodlot.\u003cbr\u003eKas van den Bergh, wat in 1997 oorlede is, is in die omgewing van Matlapein naby Rustenburg gebore en het lewenslank verbonde gevoel tot hierdie bosveldomgewing. Hy was lank rubriekskrywer vir onder andere Huisgenoot en is verder bekend vir 'n groot aantal kort- en vervolgverhale asook verskeie romans en speurverhale\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kas+van+den+Bergh\" class=\"contributor-link\"\u003eKas van den Bergh\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kas van den Bergh","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523878404259,"sku":"9781485302834","price":70.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485302834_a59a24f1-ebde-4c2f-b727-68287bca72a1.jpg?v=1776549822","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485302834","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}