{"product_id":"9781485302995","title":"Padda is Padda","description":"\u003cp\u003ePadda voel nutteloos, want hy kan nie vlieg soos Eend nie en hy het ook nie 'n talent vir goeters maak soos Rot nie. Hy wens hy kan koekbak soos Vark, of so vlot lees soos Haas. Maar dan besef Padda dat hy uniek, spesiaal en talentvol op sy eie manier is - hy is pragtig en groen, en kan beter swem en spring as enigiemand anders! \u003cbr\u003e\u003cbr\u003ePadda is Padda is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook 'n lewensles. Die storie verduidelik dat elke kind uniek is en oor sy eie talente beskik - dit maak hom nie beter of slegter as 'n ander kind nie. En almal is lief vir Padda net soos hy is! Padda leer dat dit die beste is om net homself te wees.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e Max Velthuijs (1923-2005) was 'n Nederlandse skilder, illustreerder en skrywer. In 2004 ontvang hy die Hans Christian Andersen-medalje vir sy \"blywende bydrae tot kinderliteratuur\". Velthuijs is die beste bekend vir die Padda-prenteboeke. Die eerste was Frog in Love, in 1989 deur Andersen Press gepubliseer, wat internasionale erkenning verkry het.\u003cbr\u003eDie stories van Padda en sy diverse groep vriende beeld uit dat die lewe moeilik kan wees, maar op die ou end is dit goed en daar is troos: Moenie opgee nie en moenie geloof verloor nie, want jy is sterker as wat jy dink, en jy is nie alleen nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Max+Velthuijs\" class=\"contributor-link\"\u003eMax Velthuijs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Max+Velthuijs\" class=\"contributor-link\"\u003eMax Velthuijs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Max Velthuijs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375666806947,"sku":"9781485302995","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485302995_c4cee191-cd63-4d80-b64c-7116e4d260e1.jpg?v=1776549855","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485302995","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}