{"product_id":"9781485303541","title":"Lafras Cuyper en die Britse lokval 4","description":"\u003cp\u003eKarl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die vierde boek in dié reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLafras Cuyper se boot is die Hirondelle - en die Hirondelle is die vinnigste korvet in die Indiese oseaan. Geen wonder dat die Engelse bevelvoerders in Indië die jong kaperkaptein vrees nie, want min van hulle het nog nie met sy buitengewone gesigsvermoë, wakker verstand, waaghalsigheid en dapperheid kennis gemaak nie. Toe die jong man hulle vir die soveelste keer vir die gek hou, besluit hulle dat daar so gou moontlik drasties teen hom opgetree moet word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHulle stuur drie skepe om hom gevange te neem of, as dit nie anders kan nie, saam met sy boot na die dieptes te stuur. Hulle glo hulle plan is waterdig, maar hulle hou nie rekening met die feit dat 'n heldedaad Lafras twee waardevolle Engelse bewonderaars besorg het nie; dat hul eie spioen homself verraai het om die koekie groen lekkerruikseep ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKarl Kielblock is 'n bekende skrywer en selfs ná sy afsterwe bly sy boeke onweerstaanbaar. In 1936 verskyn sy eerste boek Die skat van Java.  Sedertdien het daar verskeie romanse, speur- en spanningsverhale asook verskeie jeugverhale die lig gesien. In 1970 ontvang Kielblock die Scheepersprys vir die boek Rebel. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Karl+Kielblock\" class=\"contributor-link\"\u003eKarl Kielblock\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Karl Kielblock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375637282979,"sku":"9781485303541","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485303541_b2f32809-8d3e-478d-add4-91bba4412b63.jpg?v=1776549881","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485303541","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}