{"product_id":"9781485303664","title":"Jasper op hoërskool (01)","description":"\u003cp\u003eDie Jasper-jeugreeks is die eerste keer  in 1959 uitgegee en sedertdien was daar verskeie herdrukke van dié gewilde reeks.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie is die eerste titel in die Jasper-reeks. Dit beloof om ure se leesgenot te verskaf, en is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\"Jy kan gaan doppies blaas - ek skryf g'n opstelle nie.\" Dit is Jasper se antwoord toe Floors wil hê dat hy wat Jasper is, 'n opstel moet skryf oor dieremishandeling. Al is hy in standerd ses en al het hy gehoor van ontgroening op hoërskool, is hy glad nie van plan om vir hierdie seun met sy kwêvoëlkuif opstelle te skryf nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJasper is die kêreltjie wat omgekrap raak as iemand na sy borselkop verwys as 'poenskop', en wat saam met die ander drie lede van die Viermanskap - Mossie, Giep en Ferdinand - baie avonture beleef. Saam soek hulle na 'n klein seuntjie wat wegraak en saam voer hulle kleilatoorlog teen Floors se manne. Hulle vang saam 'n skaapdief en word beloon. Op dieselfde dag proe hulle hoe dit smaak om te rook, en word goed gelooi.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKom beleef die avonture van Jasper!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDIE OUTEUR\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eChristiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was 'n baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+C.F.+Beyers-Boshoff\" class=\"contributor-link\"\u003eC.F. Beyers-Boshoff\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jasper\" class=\"contributor-link\"\u003eJasper\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"C.F. Beyers-Boshoff,Jasper","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375826223267,"sku":"9781485303664","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485303664_8d6455a3-4961-499e-ab95-b5d0e72be97e.jpg?v=1776549899","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485303664","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}