{"product_id":"9781485303695","title":"Jasper die rugbyheld (02)","description":"\u003cp\u003eDie Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie is die tweede titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJasper het nog altyd geweet hy is lief vir rugby, maar hy het nie besef dat hy 'n rugbyheld sou word nie!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eChristiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was 'n baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+C.F.+Beyers-Boshoff\" class=\"contributor-link\"\u003eC.F. Beyers-Boshoff\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jasper\" class=\"contributor-link\"\u003eJasper\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"C.F. Beyers-Boshoff,Jasper","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375576039587,"sku":"9781485303695","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485303695_8b862b7a-33ac-4bd5-8fa6-567cd9ea5f46.jpg?v=1776549904","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485303695","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}