{"product_id":"9781485303817","title":"Jasper speel toneel (07)","description":"\u003cp\u003eDie Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie is die sewende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!\u003cbr\u003eIn alles was Jasper nog altyd die onbestrede leier, maar nou lyk dit asof sy maats hom eenkant toe stoot, en dit net omdat hy nie soos 'n meisiekind op 'n verhoog wil gaan ronddans nie. Asof daar nie veel belangriker dinge is wat 'n seun kan doen nie! En boonop lyk dit ook nog asof hulle dink hy kan nie toneel speel nie! Jasper is egter nie iemand wat homself bejammer as dinge 'n bietjie donker lyk nie. Hy het lankal geleer dat dit die heel beste is om uit te spring en iets te doen om die saak reg te stel - en soos altyd spring die klein borselkop met soveel entoesiasme aan die werk, dat hy homself, en die leser, 'n bietjie uitasem laat. \u003cbr\u003eKom deel in die avonture van Jasper.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+C.F.+Beyers-Boshoff\" class=\"contributor-link\"\u003eC.F. Beyers-Boshoff\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jasper\" class=\"contributor-link\"\u003eJasper\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"C.F. Beyers-Boshoff,Jasper","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375834579107,"sku":"9781485303817","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485303817_f7852a72-2e1a-4df4-8ec3-7f5dc227d1f4.jpg?v=1776549921","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485303817","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}