{"product_id":"9781485303992","title":"Spieëlbeeld","description":"\u003cp\u003e'n Spieël is 'n vreemde ding, want in 'n spieël leef 'n koue leuen; alles is andersom, verkeerdom en plat. Regs is links en links is regs. 'n Spieël lieg, dink hy, want jy kan jouself nie regtig sien nie, nes mens jouself nie kan kielie nie. Tensy jy natuurlik 'n soort aap is, dan kan jy jouself kielie. En lag.\u003cbr\u003eMaar Dolf Eksteen lag nie. Daar's min rede die laaste tyd om te wil lag.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJoe Minnie se lewe raak verweef met dié van een van die rykste besigheidsmanne in die land. Sy opdrag is om Dolf Eksteen met sy lewe te bewaak. Dolf se weelderige bestaan word versuur deur bedelbriewe, afpersboodskappe en doodsdreigemente, en die beeldskone Belinda Eksteen, 'n opkomende vermaaklikheidster, is soos 'n emosionele en finansiële tikkende tydbom aan sy sy. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet 'n rolverdeling wat 'n deursnit van die Suid-Afrikaanse gemeenskap bied - die onaantasbares, die onderdruktes, die onderduimses - word Spieëlbeeld 'n intense en meesleurende, psigologiese karakterstudie wat nog vir lank by die leser sal spook. 'n Wêreldklas spanningsverhaal waartydens die leser die speurder is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eFranz Marx is 'n bekroonde akteur, draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger met verskeie films, televisiereekse, enkeldramas en minireekse agter sy naam. Hy is ook die skrywer en vervaardiger van Suid-Afrika se eerste sepie, Egoli: Plek van Goud. Sy talle toekennings sluit in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se SAUK-prys vir Televisiedramas vir die draaiboek van Die buitestaander (1986), asook die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Erepenning vir Rolprentkuns (1995).\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Franz+Marx\" class=\"contributor-link\"\u003eFranz Marx\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Franz Marx","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375693250723,"sku":"9781485303992","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485303992_66487c2d-cbed-4ef6-9b37-8f2fe4224eff.jpg?v=1776549947","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485303992","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}