{"product_id":"9781485304531","title":"Fielies se nuwe huisie","description":"\u003cp\u003eFielies kan nie help om klokslag vieruur in die oggend wakker te word en op die bed te spring nie. Pettson raak baie kwaad as Fielies hom so vroeg wakker maak. Daarom besluit Fielies om uit te trek ... Maar hoe lank sal die twee onafskeidbare vriende sonder mekaar kan uithou?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSven Nordqvist is op 30 April 1946 in Helsingborg, Swede, gebore. Hy wou van die begin af 'n illustreerder word, maar verskeie kunsskole het hom afgekeur. Hy studeer toe argitektuur aan die Lund Instituut vir Tegnologie, waar hy ook 'n tyd lank as lektor in argitektuur gewerk het. In 1983 wen hy die eerste prys in 'n kinderboekkompetisie, en sedertdien is hy 'n voltydse skrywer en illustreerder van kinderboeke. Sy werk is al verskeie kere in Swede en Duitsland bekroon. Hy is baie bekend vir sy verhale oor die eksentrieke Pettson en sy pratende kat. In 1999 is dié verhale ook vir televisie verwerk.\u003cbr\u003e  \u003cbr\u003eDaniel Hugo was 'n spesialisomroeper by Radiosondergrense en is steeds verantwoordelik vir die literêre program 'Leeskring'. Hy is 'n gerekende digter met 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sven+Nordqvist\" class=\"contributor-link\"\u003eSven Nordqvist\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Sven+Nordqvist\" class=\"contributor-link\"\u003eSven Nordqvist\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sven Nordqvist","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375826157731,"sku":"9781485304531","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485304531_29f3365d-2c82-491c-a27e-aca9b5627d83.jpg?v=1776550043","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485304531","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}