{"product_id":"9781485304807","title":"Slagtersnek en sy mense","description":"\u003cp\u003eSlagtersnek is een van die bekendste name in ons geskiedenis. Met sy grusame assosiasie was dit 'n magtige propagandamiddel in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner. Juis hierdeur het dit egter al gou 'n volksmite geword waarna herondersoek dringend noodsaaklik geword het. Dit is wat dr. Heese in hierdie boek doen. Deur deeglike navorsing van die voor- en nageslag van almal wat daarby betrokke was, vorm hy 'n helder beeld van wat werklik plaasgevind het. Hy toon oortuigend aan dat die Slagtersnek-opstand verkeerd vertolk is. Daar is helde gesien waar geen helde was nie, en dit was juis die bekampers van die opstandelinge, asook die neutrales, wat later die Afrikaner volksbewussyn tydens die Groot Trek bevorder het. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHeese skilder talle kleurryke figure: die bywoners, die ryk patriarge, die sukkelende swerwers, die dwarstrekkers, skoolmeesters en nie-blanke bediendes. Met hierdie boek word 'n belangrike en oorspronklike bydrae tot ons geskiedenis gemaak.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eWyle dr. J.A. Heese het sy bekroning op sy argiefstudie in 1971 bekom met die baanbrekerswerk, Die herkoms van die Afrikaner, 1657-1867. Talle artikels uit sy pen het ook reeds in Familia, kwartaalblad van die Genealogiese Genootskap in Suid-Afrika, verskyn waarvan hy ook stigterslik en ere-sekretaris was.   2016, is die 200-jarige herdenking van Slagtersnek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+J.A.+Heese\" class=\"contributor-link\"\u003eJ.A. Heese\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"J.A. Heese","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375826976931,"sku":"9781485304807","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485304807_908f8b63-18f3-420b-89e7-1780d61036e1.jpg?v=1776550100","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485304807","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}