{"product_id":"9781485304845","title":"Breyten Breytenbach: Woordenaar woordnar","description":"\u003cp\u003eHierdie publikasie is een in die reeks van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Akademie se Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het. Breyten Breytenbach is ’n aweregse ontvanger van hierdie prys in 1999 en 2008 nadat dit in die 1960’s en 1970’s om ideologiese redes van hom weerhou is en hy dit in 1984 van die hand gewys het. In hierdie boek word op vernuwende wyse onderontginde fasette van sy (onthutsende én speelse) skryfambag en denklandskap in opstelle toegelig en ’n blik op sy loopbaan as skrywer en openbare figuur gebied. Die boek bevat ook ’n onderhoud met Breytenbach, ’n uitgesoekte bibliografie en ’n foto-afdeling.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE SAMESTELLER\u003cbr\u003eFrancis Galloway bemoei haarself sedert haar vroeë kennismaking met Breyten Breytenbach se debuut met sy denke en skryfwerk . Haar proefskrif is in verwerkte weergawe gepubliseer as Breyten Breytenbach as openbare figuur. Onlangs was sy betrokke by die samestelling van Breytenbach se versamelde toesprake Parool\/Parole.\u003cbr\u003eMedewerkers aan die bundel is onder andere Willem de Vries, Willie Burger, Hein Viljoen, Louise Viljoen, Johan Rossouw.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Francis+Galloway\" class=\"contributor-link\"\u003eFrancis Galloway\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Francis Galloway","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377215357091,"sku":"9781485304845","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485304845_970eafa9-e094-421e-a30f-4d3fd6fdaac2.jpg?v=1776550111","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485304845","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}