{"product_id":"9781485305576","title":"Mnr Stink","description":"\u003cp\u003eMeneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het.\u003cbr\u003e'n Superstank is die ergste soort reuk. 'n Superstank is erger as 'n stank. En 'n stank is erger as 'n stankie. En 'n stankie is erger as 'n klankie. Maar 'n klankie is al genoeg om 'n mens jou neus te laat optrek. \u003cbr\u003eDit was nie meneer Stink se skuld dat hy gestink het nie. Hy was ná alles 'n boemelaar. Hy het nie 'n huis gehad nie en kon hom nêrens ordentlik was soos ek en jy elke dag doen nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eChloe is seker die eensaamste meisie in die wêreld. Maar toe ontmoet sy vir meneer Stink, die plaaslike boemelaar. Ja, hy ruik effens sleg - maar hy's die enigste mens wat haar nog ooit ordentlik behandel het. En wanneer meneer Stink blyplek nodig het, besluit Chloe om hom in hulle tuinhuisie weg te steek!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar Chloe gaan leer dat party geheime 'n manier het om op 'n ramp af te stuur. En gepraat van geheime, daar steek dalk meer in meneer Stink as wat jy met die eerste neusoptrek sal agterkom ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+David+Walliams\" class=\"contributor-link\"\u003eDavid Walliams\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"David Walliams","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375572107427,"sku":"9781485305576","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485305576_5bc8fcc0-b365-4164-b9c1-f50fba63bea8.jpg?v=1776550146","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485305576","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}