{"product_id":"9781485305842","title":"Vloeibare middelpunt","description":"\u003cp\u003eVloeibare middelpunt is Martjie Bosman se derde digbundel en volg op Toevallige tekens (2010) en Landelik (2003), waarvoor sy met die Ingrid Jonker-prys bekroon is. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSusan Smith skryf in haar keurverslag dat Vloeibare middelpunt handel oor 'n 'gevoel van vervreemding en vreemdelingskap - nie net as reisende buite die grense van die bekende nie, maar selfs die bekende wat vervreemdend word.' Soos die bundeltitel voorspel, is daar sprake van 'n vloeibare in- en uitbeweeg na en van die veilige maar onvaste kern, en word verskillende bestaansmoontlikhede op verskillende plekke (hetsy fisiese of kopruimtes) verken. So handel heelparty gedigte oor woon in 'n stad (soos Pretoria, wat uitgebeeld word in Ryan Loubser se 'Spookhuis in die reën' op die omslag) wat uitdagings aan die inwoners stel, maar ook 'n gevoel van behoort wek. Soos vroeër by die gedigreeks 'Viervoud' uit Landelik, vind die Heideggeriaanse konsep van 'woon' soos uiteengesit in sy referaat getiteld 'Bauen wohnen denken', sterk inslag, vandaar dat Bosman die Hölderlin-aanhaling as motto vir die bundel gebruik: '... dichterisch wohnet der Mensch auf dieser Erde'.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eFOXTROT VAN DIE VLEISETERS\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSatrae stop die BM's en MB's en 4-treks\u003cbr\u003evoor die slaghuis, sein die T-hemde\u003cbr\u003edie seisoene: ligblou, gestreep of groen en goud.\u003cbr\u003eDaar binne gesorteer volgens die slagoffers\u003cbr\u003edie tjops, die steaks, die sosaties, die worse \u003cbr\u003e - Weens, Russies, Spaans, Duits, gerook, gekaas,\u003cbr\u003eom nie te praat van die boeresoorte nie: \u003cbr\u003egawe, gemoedelike Grabouw, kameelhout,\u003cbr\u003erooikrans; skaap-, bees-, hoender-, lewer-, \u003cbr\u003een iewers ten duurste ook 'oorspronklik'.\u003cbr\u003eAgter loei die sae, spat die skaafsels,\u003cbr\u003egenoeg om vegetariërs te laat verbleek.\u003cbr\u003eMaar wat, ons koop ook die bykosse,\u003cbr\u003edie braaipap, die dege uitgerys in hul plastieke,\u003cbr\u003edie knoffelbrode en roosterkoeke in hul foelies,\u003cbr\u003edie kase, die botters, die smere, gesofistikeerd \u003cbr\u003emet pesto en soet sondroë tamaties, die wyne,\u003cbr\u003edie olywe, die olies en balsamiese asyne, \u003cbr\u003edie skyfies vir vooraf en die terte vir daarna.\u003cbr\u003eVanaand gaan die brikette brand, die rokies hang, \u003cbr\u003edie biere skuim, die vroue vol belofte lag, \u003cbr\u003edie kinders stry en op die sofas slaap.\u003cbr\u003eVanaand vergeet ons die verlede, die kwellings\u003cbr\u003evan die week, die hoofpyn van die oordaad.\u003cbr\u003eVanaand dans ons die dans van die lewe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eMartjie Bosman was van 2000 tot 2004 as Argivaris (Arikaanse radioprogramme) by die SAUK se Klankargief werksaam. In Augustus 2004 word sy as redakteur by Protea Boekhuis aangestel.Sy publiseer sedert 1990 gereeld gedigte in literêre tydskrifte en debuteer in 2003 met die bundel Landelik.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Martjie+Bosman\" class=\"contributor-link\"\u003eMartjie Bosman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Martjie Bosman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375613001891,"sku":"9781485305842","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485305842_d0b46816-a92c-46d8-a271-dea5b3dcf8f2.jpg?v=1776550211","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485305842","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}