{"product_id":"9781485305927","title":"Bonita Avenue","description":"\u003cp\u003eDie lewenslustige Siem Sigerius is ’n briljante wiskundige, kranige judoka, rektor magnificus van die Universiteit van Enschede, en daar wink ook vir hom ’n belowende toekoms in die politiek. Sy vrou, sy pragtige, intelligente stiefdogters en ’n gemaklike, pastorale huis op die platteland voltooi die beeld van idille en sukses. Wanneer Sigerius egter agter die kap van die byl van sy stiefdogter Joni se duistere bedryf kom en sy misdadige seun boonop ook nog sy opwagting maak, dreig alles in sy idilliese bestaan om op katastrofiese wyse te ontplof.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie kaleidoskopiese sederoman Bonita Avenue verhaal die ondergang van die Sigerius-gesin teen die agtergrond van Enschede se vuurwerkramp in 2000. Peter Buwalda se debuutroman is ’n portret van ’n era wat die gaping tussen generasies op meesleurende wyse aanpak.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie roman is genomineer vir die Libris Literatuurprys 2011, die NS Publieksprys 2011, die AKO-Literatuurprys en die Gouden Strop 2011. Buwalda ontvang die Academia Debutantenprijs, die Selexyz Debuutprijs, die Tzumprijs in 2011, asook die Anton Wachterprijs in 2012. \u003cbr\u003e“Dazzling … Critics hailed Buwalda as ‘The Dutch answer to Jonathan Franzen’, but his brilliance is entirely unique.” – The Times (UK) \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE SKRYWER\u003cbr\u003ePeter Buwalda is ’n Nederlandse skrywer en redakteur by verskeie uitgewershuise. Hy is een van die stigters van die literêre tydskrif Wah-Wah. Bonita Avenue is sy debuutroman en is deur die Nederlandse uitgewershuis De Bezige Bij gepubliseer. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE VERTALER\u003cbr\u003eZandra Bezuidenhout behaal in 2005’n doktorsgraad in eietydse poësie van Afrikaans- en Nederlandstalige vroue. Sy werk onder meer as vertaler, onderwyser en deeltydse dosent, en tans as vryskuttaalpraktisyn. Haar debuutbundel Dansmusieke (2000) is met die Ingrid Jonkerprys bekroon en die tweede bundel Aardling verskyn in 2006 by Protea Boekhuis.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Peter+Buwalda\" class=\"contributor-link\"\u003ePeter Buwalda\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Peter Buwalda","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523877716131,"sku":"9781485305927","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485305927_b1eff840-c106-44c0-a754-2927e85b4fdb.jpg?v=1776550239","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485305927","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}