{"product_id":"9781485306108","title":"Oorlog en terpentyn","description":"\u003cp\u003eKort voor sy dood in die 1980's gee Stefan Hertmans se oupa aan sy kleinseun 'n paar volgeskrewe ou dagboekies. Jare lank durf Hertmans dit nie oopmaak en lees nie - tot op 'n dag dat hy dit wel doen en meer as een geheim daarin ontdek. Hy lees van sy oupa se armoedige kinderjare in Gent voor 1900, van sy gruwelike ervarings as frontsoldaat in die Eerste Wêreldoorlog en 'n vroeg gestorwe groot liefde. Ná die oorlog sit sy oupa sy lewe voort deur sy verdriet te probeer wegskilder. Stefan Hertmans se jare lange fassinasie met sy oupa se lewe bring hom uiteindelik tot die skryf van hierdie roman.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eStefan Hertmans (1951) publiseer verhale, essays en 'n groot aantal digbundels. In 1995 ontvang hy die Driejaarlikse Prys van die Vlaamse Gemeenskap vir die digbundel Muziek voor de overtocht (1995). Sy roman Naar Merelbeke word genomineer vir die Libris Literatuur Prijs, die roman Gestolde wolken word bekroon met die Multatuli-prys en Als op de eerste dag kry die F. Bordewijk-prys. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Stefan+Hertmans\" class=\"contributor-link\"\u003eStefan Hertmans\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Stefan Hertmans","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375687745699,"sku":"9781485306108","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485306108_2f276969-6285-4571-abf0-2d594289d4f6.jpg?v=1776550285","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485306108","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}