{"product_id":"9781485306375","title":"Wadda van die woestyn","description":"\u003cp\u003e“Weer neurie die kind lispelend en vervelig herhaalde kere sy liedjie sodat Koestertjie, lamgeslaan soos sy daar staan, tot haar verbasing sien dat die slang sy bolyf laat sak totdat hy plat op die grond in al sy kronkelinge voor die kind lê. 'n Vuil handjie word uitgestrek en net as dit aan die skubberige rug wil vat, pluk die reptiel homself weer orent en word die bak dreigend platgemaak. Dit is tog te mooi. Die laggie dawer deur die lug en dan word daar maar weer gesing. Weer bedaar die slang.”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWadda van die woestyn verskyn oorspronklik in 1950. In die roman word 'n wit driejarige seuntjie deur Boesmans, Boogspan en sy vrou, Koestertjie, aangeneem nadat die skip waarop hy, sy tweelingboetie en hulle ouers reis byna op die rotse loop. Wadda ('n verdraaiing van sy doopnaam “Waldo”) toon 'n besondere aanvoeling vir en beheer oor die plante- en dierelewe van die Namib-woestyn. Wanneer hy ouer word, word hy 'n leier en legende onder die inheemse bevolking. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie verhaal neem 'n onverwagse  wending wanneer Wadda 'n soekgeselskap, op soek na legendariese skatte, teëkom en uitvind waar hy werklik vandaan kom.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Cor+Dirks\" class=\"contributor-link\"\u003eCor Dirks\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Cor Dirks","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376804446371,"sku":"9781485306375","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485306375_41fdb980-bec5-4838-9e40-47e1c814d9c1.jpg?v=1776550334","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485306375","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}