{"product_id":"9781485306405","title":"Die bome reusagtig soos ons was","description":"\u003cp\u003eHierdie verrassende debuutbundel is een van die eerlikste sienings in Afrikaans van die werklikheid van die emigrant of expat wat Suid-Afrika verlaat het, maar nog steeds worstel met identiteit in 'n nuwe omgewing. \u003cbr\u003eDie  kinderjare van die digter word byna deurlopend gekontrasteer met haar nuwe lewe in die buiteland. Die herinneringe is skrynend eerlik en brose familiebande word sonder skroom ondersoek. \u003cbr\u003eKlein besonderhede kry reusegestalte in die herinneringe van haar kinderjare en staan skerp afgeteken teen die besef van nietigheid wanneer die ek-spreker in ander kontekste beland. \u003cbr\u003eDie belewenis van die grootstad Londen het soms 'n byna onwerklike en dromerige kwaliteit, asof die digteres sukkel om tot 'n vergelyk te kom met die verplaasde self. Afstand, afsondering en verlange word egter teengewerk deur vlugtige kontak met ander mense, objekte en herinneringe. \u003cbr\u003eDie stad met sy glas en beton word byna ook 'n persoonlikheid en word soms direk aangespreek, maar dit is veral die waarneming van die gewone lewe in teenstelling met die bekende toeristiese gesig van die stad wat uitstaan, soms morbied, onverskillig en smerig, maar dikwels ook warm en verwelkomend. \u003cbr\u003eDeurgaans is daar sprake van die spreker se kamera-oog wat objektief probeer waarneem en registreer, maar die ondertoon van melancholie verseker dat die gedigte die leser nie ongeraak laat nie. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR \u003cbr\u003eHilda Smits is 'n boorling van Potchefstroom, maar het haar nagraadse studie in Sielkunde in Londen gedoen. Van haar gedigte het in Nuwe stemme 6  verskyn. Sy woon tans in Nashville, VSA.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hilda+Smits\" class=\"contributor-link\"\u003eHilda Smits\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hilda Smits","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375555461283,"sku":"9781485306405","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485306405_d3c9abbe-5cae-47a5-924a-0c52264c2708.jpg?v=1776550339","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485306405","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}