{"product_id":"9781485306474","title":"Kroniek van turf","description":"\u003cp\u003eHierdie novelle sluit aan by twee vorige prosawerke van Dolf van Niekerk, naamlik die jeugverhaal Karel Kousop (1985) en Koms van die hyreën  (1994). Kroniek van turf is gedeeltelik 'n prequel vir die vorige twee boeke. Dit vertel die geskiedenis van Gerrit, 'n  werknemer van die VOC, wat in die 18de eeu begin boer op 'n leningsplaas in die Roggeland. Omstandighede dwing hom om na die distrik Swellendam te verskuif. Sy twee seuns, Johannes en Daniel, soek albei later ook na 'n veiliger blyplek, aanvanklik in die Kamdebo. Onrus op die Oosgrens laat hulle verder trek; Johannes na wat tans die Vrystaat is en Daniel saam met die Voortrekkers na Natal, waar hy en sy vrou slagoffers van die Bloukransmoorde word. \u003cbr\u003e\tWaar Johannes hom op 'n plaas tussen die Riet- en die Modderrivier vestig, maak hy weer kontak met die Kousop-Boesmans wat hy vroeër naby die Gariep ontmoet het. Tussen Johannes se nageslag en die Boesmans ontwikkel 'n vae, onsekere band wat oor meer as 'n eeu sou strek. Onverwags maak een van Johannes se nasate, Johan, tydens die Bosoorlog kennis met 'n Boesmanspoorsnyer wat ook 'n Kousop-nasaat blyk te wees en wat 'n bepalende rol in 'n grondeis op Johan se plaas tussen die twee riviere sou speel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eDolf van Niekerk is 'n bekende en geliefde skrywer van prosawerke soos Die son struikel (1960), Skrik kom huis toe (1968) en Die haasvanger (1985). Sy mees onlangse publikasies, die digbundels Bleek planeet (2012) en Portrette in my gang (2015), is baie goed deur die kritiek ontvang. Hy is meermale vir sy werk bekroon en het onder andere die Eugène Marais-prys, die M.E.R.-prys en die Scheepersprys ontvang. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dolf+van+Niekerk\" class=\"contributor-link\"\u003eDolf van Niekerk\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dolf van Niekerk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523881124003,"sku":"9781485306474","price":70.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485306474_26cac498-ebbe-49b2-952f-aa49185d40c4.jpg?v=1776550344","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485306474","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}