{"product_id":"9781485306856","title":"Die alchemis","description":"\u003cp\u003e“Om dit waarvoor jy bestem is te verwesenlik, is 'n mens se enigste verpligting.”\u003cbr\u003eUit Die alchemis\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie verhaal, skitterend in sy eenvoud, gaan oor 'n Andalusiese skaapwagter genaamd Santiago wat uit sy vaderland Spanje vertrek en deur Egipte se woestyn reis op soek na 'n skat wat by die piramides begrawe is. Langs die pad ontmoet hy 'n sigeunerin, 'n man wat homself 'n koning noem, en 'n alchemis. Hulle almal help Santiago om tydens sy soektog op koers te bly. Niemand weet wat die skat is en of Santiago die struikelblokke langs die pad sal oorkom nie. Maar wat begin as 'n reis op soek na wêreldse goed, verander in 'n ontdekking van die skat binne-in 'n mens self. Santiago se verhaal is ryk, inspirerend en eg menslik; dis 'n universele ode aan hoe ons drome ons kan transformeer en hoe belangrik dit is om na ons harte te luister. \u003cbr\u003e“Hierdie roman se boeiende verhaal en die stralende elegansie waarmee dit vertel word, is gefundeer in die ewige wysheid oor hoe om jou hart te volg.”\u003cbr\u003eBooklist\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Paulo+Coelho\" class=\"contributor-link\"\u003ePaulo Coelho\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Paulo Coelho","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375693152419,"sku":"9781485306856","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485306856_02440c76-59d2-435e-9434-030cf2f40892.jpg?v=1776550413","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485306856","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}