{"product_id":"9781485307167","title":"Die aarde is 'n eierblou ark","description":"\u003cp\u003eIn Susan Smith se eerste bundel, in die afwesigheid van sin, het reeds 'n hele aantal gedigte oor die omgewing verskyn. In dié nuwe bundel word die omgewingsgesprek voortgesit. Die gedigte handel egter nie oor bewaringsvraagstukke nie, maar oor die mens se verhouding tot die aarde en die lewende wesens daarop. Soos die titel aandui, word die aarde gesien as 'n soort vaartuig wat deur die heelal reis. Dit is ook die boot waarmee die mens op sy lewensreis vaar deur verskillende waters. Plante, veral bome, is verwysingspunte op hierdie reis. Die woorde van die digter is instrumente wat die vaart moontlik maak, dit beskryf en die bedreigde lewendes  help bewaar:\u003cbr\u003edie aarde is 'n eierblou ark\u003cbr\u003ewat deur die melkweg veer\u003cbr\u003e[...]\u003cbr\u003ewaarin ons waterdeurdronge \u003cbr\u003edeur soutreën en sleepmistonge \u003cbr\u003e\u003cbr\u003ehiermaals vaar en as bede \u003cbr\u003eom vergiffenis en genade \u003cbr\u003e\u003cbr\u003edaagliks silwer woordspane \u003cbr\u003edeur water stuur\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eSusan Smith is dosent in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Fort Hare. As navorser ondersoek sy veral die poësie se bydrae tot die gesprek ook die omgewing.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Susan+Smith\" class=\"contributor-link\"\u003eSusan Smith\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Susan Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375558574243,"sku":"9781485307167","price":70.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485307167_5b9f263b-2cd8-4e7e-ae22-7b568bc6aa89.jpg?v=1776550516","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485307167","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}