{"product_id":"9781485307570","title":"Krap uit die see","description":"\u003cp\u003eKrap uit die see is die tweede bundel van die jong digter Fourie Botha. Soos sy debuutbundel Donkerkamer wat op die kortlys vir die 2013 Ingrid Jonkerprys was, sluit Krap uit die see aan by die debat oor manlikheid, wat sowel geweld, lyflikheid, die vaderfiguur, homo-erotiek en doodgewone huislikheid van twee mans wat saamwoon insluit. Die see is 'n deurlopende motief, die oerbron waaruit alle lewe kruip, in gedigte oor familieverhoudings, die liefde en erotiek. Grense tussen lewe en dood, droom en werklikheid, mens en dier vervloei op surrealistiese wyse. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eFourie Botha word groot in Bethal op die Hoëveld en op Nietverdiend in die Marico-Bosveld. Aan die Universiteit van Pretoria studeer hy Uitgewerswese en Engels en gee vir 'n paar jaar opvoedkundige boeke uit. In 2008 voltooi hy 'n meestersgraad in Engelse letterkunde en skryf daarna by die Universiteit van Kaapstad in vir 'n meestersgraad in Kreatiewe Skryfwerk onder Joan Hambidge. Sedert 2008 werk hy as redakteur van die Umuzi drukmerk by die uitgewershuis Penguin Random House in Kaapstad. Sy gedigte word opgeneem in die versamelbundel 'Nuwe stemme 4', waarna hy debuteer met die digbundel 'Donkerkamer' in 2011.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fourie+Botha\" class=\"contributor-link\"\u003eFourie Botha\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fourie Botha","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375608217763,"sku":"9781485307570","price":70.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485307570_f18c4258-cbba-41f5-81ac-7caf5a0ba4d8.jpg?v=1776550607","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485307570","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}