{"product_id":"9781485307907","title":"Johanna","description":"\u003cp\u003eJohanna van Cas Wepener is ’n roman oor die dood van ’n vrou, Johanna, en haar impak op die mense rondom haar se lewens. Johanna is lesbies in ’n tyd waar dit in die George waar sy grootword en meeste van haar lewe woon, nie sosiaal aanvaarbaar is nie. Die verhaal word geskryf vanuit verskillende perspektiewe: Vanuit haar geliefde Muriel se oogpunt, haar wyse bediende Nonna, haar suster, haar dominee en haar susterskind Willie. Hulle almal probeer haar dood verwerk en sin maak van sekere dramatiese gebeurtenisse in haar lewe as klein dogtertjie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJohanna is ’n aangrypende roman oor die impak van ’n lewe binne ’n sekere milieu en kultuur. Dit getuig van goeie vakmanskap en ’n fyn aanvoeling vir menseverhoudinge, omgewing en atmosfeer. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eCas Wepener (1972) is sedert Julie 2010 aangestel as professor aan die Universiteit van Pretoria. Hy is die skrywer van talle akademiese en populêre artikels, asook ’n boek Aan tafel met Jesus en ŉ bundel liturgiese voorstelle, Soos ’n blom na die son draai (2011). Sy bundel kortverhale Dubbelfoto het in 2000 by Protea Boekhuis verskyn en sy debuutroman Syferfontein in 2016. Syferfontein is vir die UJ prys vir skeppende skryfwerk genomineer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Cas+Wepener\" class=\"contributor-link\"\u003eCas Wepener\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Cas Wepener","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375571484835,"sku":"9781485307907","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485307907_64c4c5ef-601b-45d3-8d0d-4b2dc26ad81d.jpg?v=1776550714","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485307907","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}