{"product_id":"9781485308126","title":"Hanli die hasie 2","description":"\u003cp\u003eHierdie is die tweede drie-in-een boek van Hanli die hasie! (Die vlieënde hasie; Die Ysprinses \u0026amp; Die Kersfeeswens)\u003cbr\u003eHanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice - waarvan daar al oor 'n miljoen boeke verkoop is.\u003cbr\u003eHanli is 'n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van 'n heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde  behalwe wanneer sy verras word!\u003cbr\u003eOp 'n dag sien Hanli 'n pragtige pienk vliegtuig in die lug. Daar en dan besluit sy dat sy ook wil vlieg. Sy flap haar arms, haar ore, selfs haar snorbaarde en stert, maar niks werk nie. Sy plof moedeloos op die gras neer. Sal 'n gewone hasie soos sy dan nooit kan vlieg nie? \u003cbr\u003e'n Ander keer hoor Hanli hoe kinders oor Kersfees praat. Sy wou nog altyd geweet het wat Kersfees is en besluit om die kinders te volg en self ondersoek in te stel …\u003cbr\u003eDie wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli op 'n yskoue wintersoggend genooi word om saam met kinders op die bevrore meer te ysskaats. Net toe sy dink dié dag kan nie meer betowerend word nie, kry sy die kans om voor die Ysprinses te dans - heeltemal op haar eie.  \u003cbr\u003eHanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mandy+Stanley\" class=\"contributor-link\"\u003eMandy Stanley\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Mandy Stanley","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376554524835,"sku":"9781485308126","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485308126_f07aa02b-2791-4241-aedd-18250d6c1b2b.jpg?v=1776550759","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485308126","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}