{"product_id":"9781485308287","title":"Eenders \u0026 Anders Afrikaans\/Nederlandse lespakket Graad 9 Leerderboek","description":"\u003cp\u003eJou venster op die Lae Lande (Nederland en België) en Europa!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEenders \u0026amp; Anders voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) en kan as verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek gebruik word. Dit sluit by die KABV-kurrikulum kwartaal 2, week 5 en 6 aan. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie doel van hierdie lespakket is om jou 'n blik op die letterkunde, taal en kultuur van Nederland en Vlaandere (die Nederlandssprekende deel van België) te bied. Aan die einde van die lespakket gaan jy selfs 'n bietjie Nederlands praat. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie teks is soms in Afrikaans en soms in Nederlands. Jy sal leer van die ooreenkomste (eenders) en die verskille (anders) tussen die twee tale. Vrae en opdragte word ingesluit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJy sal agterkom dat taalleer nie vir dooie fossiele en bleeksiele is nie. Met jou nuwe kennis van Nederlands sal jy skielik verstaan waar baie van die woorde en uitdrukkings in Afrikaans vandaan kom en hoe Afrikaans uit hoofsaaklik Nederlands ontwikkel het. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTaalleer word 'n opwindende ontdekkingstog!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marieta+Nel\" class=\"contributor-link\"\u003eMarieta Nel\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marieta Nel","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377068359843,"sku":"9781485308287","price":95.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485308287_0001f6eb-47b0-44b5-91b0-9553da9a4433.jpg?v=1776550791","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485308287","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}