{"product_id":"9781485308751","title":"So moes die Liefde ly","description":"\u003cp\u003eSó moes die Liefde ly is aanvanklik op versoek geskryf vir opvoering as 'n projek om die lyding van Christus uit te beeld. Die opvoerings was baie geslaagd en nadat Charles Fryer die stuk verwerk het, word dit in die vroeë negentigerjare in die Kangogrotte by Oudtshoorn opgevoer.  Dit is elke tweede Paasseisoen aangebied en behalwe Suid-Afrikaners, het mense van regoor die wêreld - Duitsers, Amerikaners en Nederlanders - hierdie weergawe van Jesus se lydingsgeskiedenis ervaar. Die teks is na die eerste opvoering heelwat uitgebrei en het nuwer en groter dimensies bygekry. Liedere, asook danstonele, is ingevoeg en die koor is vergroot van 20 tot ongeveer 50.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eCharles Fryer (1946-2014) was 'n  digter en dramaturg en samesteller van verskeie publikasies en ook uitgewer. Hy was deel van D.J. Opperman se Letterkundige Laboratorium en later ook sy assistent. Hy het in 1978 'n digbundel, Rooiwielwa die lig laat sien. In 1997 ontvang hy die P.J. Cillié-medalje vir kreatiewe joernalistiek en in 2008 is Charles se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde en kultuur deur die ATKV vereer toe die vereniging 'n ATKV-oorkonde aan hom oorhandig het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Charles+Fryer\" class=\"contributor-link\"\u003eCharles Fryer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Charles Fryer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376534569123,"sku":"9781485308751","price":195.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485308751_2491b27b-2f87-405e-89c5-3755195e503f.jpg?v=1776550894","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485308751","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}