{"product_id":"9781485309079","title":"Hanlie Retief gesels met 2","description":"\u003cp\u003eDie weeklikse rubriek in Rapport, “Hanlie Retief gesels met” , is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Aanhangers weet haar onderhoude is pittig, op die man af en baie vermaaklik. \u003cbr\u003eHanlie Retief vra die vrae aan die nuusmakers wat almal brand om te vra. Sy is bekend daarvoor dat sy haar soos 'n verkleurmannetjie kan aanpas by die aard van die onderhoud. Met deernis skets sy misdaadslagoffers se stories en kuier ewe gemaklik saam met Karen Zoid.    \u003cbr\u003eHanlie Retief gesels met 2 bevat 50 van Hanlie se beste onderhoude wat sy tussen 2011 en 2018 gevoer het: dié waaroor mense lank gepraat het, dié wat mense kwaad gemaak het, laat lag of inspireer het. \u003cbr\u003eSteve Hofmeyr, Rolene Strauss, Tim Noakes, Piet Byleveld en Thuli Mandosela is van die onderhoude wat opgeneem is in hierdie boek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hanlie+Retief\" class=\"contributor-link\"\u003eHanlie Retief\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hanlie Retief","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376676683939,"sku":"9781485309079","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485309079_4244e4cb-4005-4e6c-97a5-2adf5f87e93a.jpg?v=1776550964","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485309079","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}