{"product_id":"9781485309291","title":"Tweespoor","description":"\u003cp\u003eIn 1920 skilder Paul Klee die olieverf-skildery, Angelus Novus. In 1940 vertolk Walter Benjamin in sy geskrif, “Űber den Begriff der Geschichte”, dat dít is hoe die engel van die geskiedenis moet lyk: met oopgesperde vlerke, op die punt om weg te vlieg, kyk hy om. Hy sien 'n katastrofiese verlede, wil terug, die wrakstukke wat hy daar sien opruim, maar 'n storm uit die paradys het hom aan die vlerke beet, waai hom genadeloos die toekoms in.\u003cbr\u003eIn die eerste gedeelte van Tweespoor word 'n spesifieke suider-afrikaanse verlede ontgin, en in die tweede 'n stormagtige eietydse werklikheid. Benewens dié twee spore waarop die bundel kortprosa loop, veroorsaak die geskiedenis wat ingesement in die psiges van karakters lê, en die opsies wat die hede bied, 'n turbulensie wat mense in twee rye spore laat loop. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“Besonder elegant is die delikate manier waarop die skrywer suggestie hanteer. Dit is die vermoë om 'n verwikkelde, geloofwaardige teks te produseer wat tegelykertyd ('n karakter se geestelike herstel of weerstandige berusting), nie net bevestig nie, maar ook ondermyn, wat hierdie verhale onderskei,” skryf Louis Esterhuysen oor Tweespoor.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eHelena Gunter het op 'n plaas naby die mond van die Breërivier grootgeword en skoolgegaan in Heidelberg. Ná haar studies was sy jare lank 'n onderwyser in die Strand, Bellville en Stellenbosch. Haar debuutbundel Op 'n plaas in Afrika is in 2008 met die Eugène Marais-prys bekroon en beskryf as “'n draaipunt in die Afrikaanse kortverhaal”.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helena+Gunter\" class=\"contributor-link\"\u003eHelena Gunter\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helena Gunter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376612163747,"sku":"9781485309291","price":195.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485309291_71a48ad0-261c-4cda-a899-76e903783067.jpg?v=1776551007","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485309291","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}