{"product_id":"9781485309673","title":"`n Stil gemoed","description":"\u003cp\u003e'n Stil gemoed verskyn oorspronklik in 1993 in Engels onder die titel Tranquil Mind. Die eerste Afrikaanse uitgawe verskyn in 1997, en die tyd is dus ryp vir 'n heruitgawe.\u003cbr\u003e'n Stil gemoed is 'n eenvoudige inleiding tot die Boeddhisme en meditasie. Die Boeddhisme is wesenlik 'n aantal metodes om met die verstand en gemoed om te gaan. As ons hierdie metodes verstaan en op ons lewens toepas, sal hulle ons inherente vermoë om innerlike vrede, erbarming en wysheid te ervaar laat ontplooi deur die potensiaal van ons gees te ontwikkel.\u003cbr\u003eMediteerders in die Weste ervaar unieke probleme as gevolg van hul kulturele, sosiale en sielkundige agtergrond. Aan die hand van sy uitgebreide akademiese en praktiese ervaring stel die skrywer van hierdie inleiding die onderwerp bekend op 'n manier wat met dié invloede rekening hou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMeditasie deursny al die illusie, al die projeksie, al die verwarring wat by ons bestaan oor ander mense en bowenal oor onsself. (Rob Nairn)\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rob+Nairn\" class=\"contributor-link\"\u003eRob Nairn\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rob Nairn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376796254371,"sku":"9781485309673","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485309673_7e2154a3-2ec8-4617-90b4-c0c3c2877d55.jpg?v=1776551087","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485309673","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}