{"product_id":"9781485309857","title":"Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere","description":"\u003cp\u003eSuid-Afrika het 'n ryke rekord van prehistoriese diere en plante in verskeie rotsformasies. Hierdie boek bevat spesifiek inligting oor die Karoo se plek op 'n vroeëre, baie anderse planeet Aarde, sowel as die uitsterwings wat voorgekom het in die lang tydperk waarin die antieke Karoodiere die bewoners was van wat nou 'n groot deel van die hedendaagse Suid-Afrika is. Die fossielrekord van die Karoo is die enigste in sy soort en die bron van voortdurende verkenning en navorsing. Ook vertel ons fossielrekord ons baie oor klimaatsveranderinge en die vorming van die hedendaagse kontinente. Die skrywer hoop hierdie boek help om'n groter bewustheid van hierdie aspek van ons verre verlede by hoërskoolleerders te kweek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eDr Michael Cluver het in Stellenbosch grootgeword. Sy navorsing het gekonsentreer op die disinodont Lystrosaurus, een van die Karoo-therapsida wat die Permperiode oorleef het. Hy was Direkteur van die Suid-Afrikaanse Museum en werk steeds ná sy aftrede in 2007 deeltyds by die Iziko Museum.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dr+MA+(Mike)+Cluver\" class=\"contributor-link\"\u003eDr MA (Mike) Cluver\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dr MA (Mike) Cluver","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378819973283,"sku":"9781485309857","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485309857_e9e9df62-d368-43a4-947d-06599c923612.jpg?v=1776551139","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485309857","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}