{"product_id":"9781485309949","title":"Die avonture van Kuifie 10: Die geheimsinnige ster","description":"\u003cp\u003eDie avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as 'n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Die geheimsinnige ster is 'n meteoriet op pad na die aarde toe. Professor Katalis van die Sterrewag se voorspelling dat dit die einde van die wêreld is, word nie bewaarheid nie wanneer die meteoriet die aarde mis en 'n fragment daarvan in die Poolsee land. Saam met 'n groep wetenskaplikes vertrek Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn op 'n ekspedisie om die stuk meteoriet te gaan bestudeer. Hulle is egter nie die enigstes wat so 'n ontdekkingstog onderneem nie en gou ontaard dit in 'n spannende resies om eerste daar te kom. Professor Katalis het reeds 'n nuwe metaal in die meteoriet bespeur en daar is baie op die spel.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Herg%C3%A9\" class=\"contributor-link\"\u003eHergé\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hergé","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377284792483,"sku":"9781485309949","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485309949_18e29a34-ce88-424a-a424-cfeaecc1dc82.jpg?v=1776551167","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485309949","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}