{"product_id":"9781485310051","title":"Peter Pan en Laurie","description":"\u003cp\u003eMeer as 'n honderd jaar nadat die boek Peter and Wendy deur J.M. Barrie in Engeland gepubliseer is, verskyn Marié Heese se opvolgstorie Peter Pan en Laurie by Protea Boekhuis in Suid-Afrika. Dit word gelyktydig in Engels en Afrikaans vrygestel, met sjarmante illustrasies deur Marjorie van Heerden. Marié Heese het reeds verskeie kinderstories gepubliseer en vertaal. In hierdie storie hou sy redelik naby aan die atmosfeer en verteltrant van die oorspronklike werk. Natuurlik is Peter nog net soos hy was, avontuurlik en vry, maar die meisie wat hy dié keer na die Nimmerland met hom saamneem, is ietwat anders as die moederlike Wendy. Sy nuwe feetjie-maat heet Klokkelokkies. Daar is ander Verlore Seuns, en ander vyande om te trotseer, veral die groteske reus, Half-gevreet, leier van die Grillergaaie, wat net 'n halwe kop het en die ore van sy oorwonne vyande pekel, aan 'n tou om sy nek hang en kou. Hy soek Peter se ore vir sy versameling. En daar is dinosaurusse wat die eiland wil oorneem …\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mari%C3%A9+Heese\" class=\"contributor-link\"\u003eMarié Heese\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Marjorie+van+Heerden\" class=\"contributor-link\"\u003eMarjorie van Heerden\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marié Heese","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377078943907,"sku":"9781485310051","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485310051_da198fcc-27ed-445e-86c1-9c86e7bddafc.jpg?v=1776551197","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485310051","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}