{"product_id":"9781485310068","title":"Die beste kinderverse van Tienie Holloway","description":"\u003cp\u003eMet Die beste kinderverse van Tienie Holloway kan jonk en oud van voor af die vreugde van Tienie Holloway-verse ontdek en in die proses terugkeer na die eenvoud van doodgewone dinge - padkos, pannekoek, pantoffels wat slof, touspring, 'n windpomp, waatlemoen, 'n toktokkie wat klop, of sommer net appelkooskonfyt op 'n sny brood!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVandag is daar amper nie 'n generasie wat nie hier en daar 'n versreël of strofe uit 'n Tienie Holloway-vers onthou nie. Ongelukkig is haar bundels dun gesaai en nog net hier en daar op 'n biblioteekrak in 'n plattelandse dorp te vinde. Die beste kinderverse van Tienie Holloway is saamgestel deur Wendy Maartens en van pragtige volkleurillustrasies voorsien deur Alida Bothma. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eTienie Holloway (geb. Christina Maria Purchase, 1888-1967) het 'n baie belangrike bydrae tot Afrikaanse kinderverse gelewer in 'n tyd toe daar 'n skaarste aan goeie leesstof vir kinders was. Aanvanklik het sy bekende Engelse kleuterryme in Afrikaans vertaal; later is haar eie werk gepubliseer in Die Volkstem onder die skuilnaam Madelief. Mettertyd verskyn Die Haasbekkies en ander Versies (1938), Hasie Kalbassie (1945), Nuwe kleuterversies (1947), Doempie Domkop (1949), Martha-hulle (1951) en Nuwe kinderversies (1955). In 1971 bundel Jan Kromhout sommige van hierdie gedigte, asook van haar diereverse wat verskyn het in Toevlugsoord van C.S. Stokes in Versies wat vonkel: 'n keur uit die kinderverse van Tienie Holloway. Ná haar dood is die Tienie Holloway-medalje deur haar eggenoot geïnisieer en in 1970 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ingestel. Dit is 'n toekenning vir oorspronklike Afrikaanse kleuterlektuur, vir kinders onder agt jaar, spesifiek gerig op kinderverse. Sy word postuum met die Holloway-medalje vereer vir twee bloemlesings uit haar werk wat by Human \u0026amp; Rousseau verskyn, naamlik Rympies van Tienie Holloway (1977) en Versies van Tienie Holloway (1978).\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Tienie+Holloway\" class=\"contributor-link\"\u003eTienie Holloway\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Wendy+Maartens+(Samesteller)\" class=\"contributor-link\"\u003eWendy Maartens (Samesteller)\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Alida+Bothma\" class=\"contributor-link\"\u003eAlida Bothma\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Tienie Holloway,Wendy Maartens (Samesteller)","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378815221923,"sku":"9781485310068","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485310068_fcf14bab-70de-409a-8d32-51b5e9ddf171.jpg?v=1776551202","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485310068","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}