{"product_id":"9781485310310","title":"Winkel van wanklanke","description":"\u003cp\u003eWinkel van wanklanke is 'n versameling konkrete poësie - gedigte wat die grense van die gedig as teks en as visuele kunsobjek ophef. Dit is 'n versameling (“'n winkel”) van gedigte, maar is terselfdertyd een kunswerk met onderstaande komponente of bewegings wat tot die geheel bydra. Dit word gedeeltelik in kleur uitgegee, het 'n gedig wat in braille gedruk is, 'n gedig wat op papier gebosseer is, 'n gedig met papier wat in konsertinavorm met die hand deur die digter self gevou is, asook verskeie skakels na die skrywer se webwerf waar videogedigte besigtig kan word. Sodoende word die bundel as objek op papier beklemtoon, maar word die bundel ook na die ruimte buite die papier geneem. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNie slegs die teks is dus in Winkel van wanklanke belangrik nie, maar oor die ruimte waarbinne dit geplaas word, hóé die woorde op papier gespasieer is, hoe die gedig vertoon, die effek en sensasie van die letters op papier. Deurlopend word die gedigte vergesel met humoristiese en sardoniese kommentaar, woordspel en fyn humor. Vele gedigte is kodes wat deur die interaktiewe leser ontsyfer moet word, en lei tot verskeie interpretasiemoontlikhede. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWinkel van wanklanke is Meyer se debuutbundel en hy skram nie weg daarvan om sowel groot figure in die Afrikaanse digkuns as internasionale kunstenaars soos Jackson Pollock, Picasso en Yves Klein in gesprek te tree nie. Dit is veral 'n konseptuele bundel wat die idee van wat 'n bundel is of kan wees bevraagteken.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hennie+Meyer\" class=\"contributor-link\"\u003eHennie Meyer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hennie Meyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377507385507,"sku":"9781485310310","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485310310_62c1b173-9f56-4ca3-9968-6fc9980956da.jpg?v=1776551259","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485310310","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}