{"product_id":"9781485310662","title":"Die waarheid oor duiwe","description":"\u003cp\u003eDie waarheid oor duiwe is Gisela Ullyatt se debuutbundel oor intieme ruimtes, jeugherinneringe en verlies. Die sentrale tema wat deur die bundel aangespreek word, dui op 'n proses van vervreemding van die alledaagse, toenemende vereensaming, verlies en verlange. Sekerhede word opgeskort en die donker ondertone van die daaglikse, dikwels teleurstellende en selfs ontstellende werklikheid word ontbloot. Hierdie aanbod vind plaas teen die agtergrond van onder andere 'n religieuse onderbou van Bybelse en ook Boeddhistiese verwysings (veral in afdeling drie se haikoegedigte), wat 'n rol speel om die gegewe saam te snoer en bepaalde temas uit te bou.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Gisela+Ullyatt\" class=\"contributor-link\"\u003eGisela Ullyatt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Gisela Ullyatt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376630808739,"sku":"9781485310662","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485310662_7653efdb-e04d-4567-ac62-2ca8da77fed4.jpg?v=1776551362","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485310662","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}